Roekeloos
Dulcie-Anne Douglas is ’n miljoenêr – op skrif.
Twee jaar gelede is haar man oorlede in ’n treinongeluk, en toe die polis uitbetaal is, het sy in ’n japtrap vir haar en die kinders ’n smart huis in die woonbuurt van Roxy gekoop. Weg van Gumaville se arm bure en vuil brakke.
’n Tong-in-die-kies roman deur die skrywer van Kroes en Die val van die dice.
Pat Stamatélos skeer die gek met wit, met bruin, met swart. ’n Eg satiriese roman wat ’n mens uit jou maag laat skater, grinnik en kop skud oor die aardigheid van menseverhoudinge in ons geliefde land.
ISBN: 9780795703072
Datum Vrygestel: 01 Oktober 2010
Prys: ongeveer R 180.00
Formaat: Sagteband, 320pp

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
