Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad.
Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.
Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en ’n welaf kunstenaar maak ’n verdagte aanbod op Niek se huis.
Op Stellenbosch skryf ’n vrou met ’n haaslip ’n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op ’n dag ooggetuie van ’n moord. Kort hierna nader ’n holwangkêrel haar met ’n vreemde voorstel.
Vlakwater word 1 September 2015 vrygestel.
Vlakwater / Ingrid Winterbach — Human & Rousseau, 1 September 2015; 256 p. ; sagteband. — ISBN 9780798169387
Vlakwater,
Bettie Blom,
22 Augustus 2015.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
