Retrogasme: De Voortrekkers

De Voortrekkers (1916) was die eerste Afrikaanse film. Dit vertel die verhaal van die Voortrekkers, insluitende in die moord op Piet Retief en die Slag van Bloedrivier.

20 000 Zoeloe assegaaie en meer as 500 gewere uit daardie era is bymekaargemaak vir die film. 40 ossewaens is gebruik. Vir die Slag van Bloedrivier is ‘n sloot geskiet in ‘n koppie naby Elsburg en met meer as 30 miljoen liter water gevul om die rivier voor te stel. Die verfilming van die slag het in chaos ontaard toe die stormende “Zoeloes” geweier het om dood neer te val. Die polisie moes ingryp om dit te stop. Een man het in die rivier verdrink.

Die Amerikaanse regisseur Harold Shaw is spesiaal na Suid-Afrika gebring vir die film en hy het saam met Gustav Preller aan die verhaal gewerk.

Die film is ook in Engels versprei as Winning a Continent en ook onder die naam De Voortrekkers: Die Winne van ‘n Nuwe Wereld.

Edna Flugrath en Holger Petersen in De Voortrekkers
Edna Flugrath en Holger Petersen in De Voortrekkers
De Voortrekkers, 1916

Lewer kommentaar

Leave a Reply