Die Antwoord-video verwyder

Die lokvideo van Die Antwoord se nuwe album, Ten$ion, is van die internet verwyder nadat die groep glo nie toestemming van die kunstenaar Jane Alex­ander gekry het om na haar bekende beeldegroep “The ­Butcher Boys” te verwys nie.

“The Butcher Boys” is in 1985 en 1986 deur Alexander geskep om die magte van apartheid in Suid-Afrika uit te beeld.

Die beeld word in die Iziko Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsmuseum uitgestal.

Die Antwoord-video van die internet verwyder

Lewer kommentaar

Leave a Reply