Roekeloos
Despicable Me is ’n aangename verrassing.
Gewoonlik is die animasieflieks die tyd van die jaar uiters swak.
Die fliek begin as die avonture van Gru, ’n nare, ryk, pretensieuse sakeman – kortom, ’n slegte ou. Beide Gru en een van sy mededingers het dieselfde sluwe plan, hulle wil die maan steel.
Daar is ook drie klein dogtertjies in ’n weeshuis met ’n plan van hul eie. Die drie het hul oog op die egosentriese Gru, maar hulle sien iets heeltemal anders – hulle sien ’n potensiële pa.
Despicable Me is ’n komedie wat raak aan die diep kant van menswees. ’n Storie wat vertel van hoe ’n koue hart weer kan warm klop. Klink dalk soetsappig, maar die eindresultaat bekoor.
Tegnies is die animasiefilm met sorg afgewerk en van ’n buitengewoon hoë standaard, gegewe dat dit ’n kommersiële produksie is.

Let Wel! Dit mag dalk klink asof die film vir klein kindertjies bedoel is, maar die ouderdomsbeperking is 10 jaar.Regisseurs: Pierre Coffin & Chris Renaud
Met die stemme van: Steve Carell, Julie Andrews en Will Arnett
! Despicable Me wys ook in 3-D.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
3.5 / 5
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
