Die enigmatiese Dune gaan weer herleef in die hande van Denis Villeneuve.

Die 1965 boek van Frank Herbert word so beskryf omdat dit die reputasie het dat dit “onverfilmbaar” is. Die bekendste flop was David Lynch se 1985 weergawe. Lynch het homself later distansieer van die film, maar dit bly gewild by geharde Dune-aanhangers.

Dalk lyk dinge anders met Villeneuve se weergawe. Sy Blade Runner 2049 (2017) was ’n waardige opvolger vir die oorspronklike Sci-Fi film noir. Hy was ook aan die stuur van die briljante Arrival (2016).

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar