Jakhalsdans is ‘n vollengte Afrikaanse rolprent met Engelse onderskrifte wat op Loxton geskiet is. Die regisseur is die Oscar-benoemde Darrell Roodt.
Die première van die rolprent is vir die eerste keer op die gelyknamige plaas Jakhalsdans net buite Loxton vertoon. Geld wat tydens die première ingesamel is, is ten bate van die dorp se skool en kinders aangewend.