Die eerste van die Lord of the Rings trilogie moes bietjie gebuk gaan onder die groot Hoera! rondom die Heer Potter se verskyning op die toneel, maar daarna het die fliek nie weer vir enige ander gebuig nie.
My grootste vrees was dat die film nie JRR Tolkien se werk gestand sou doen nie. Die film is egter abnormaal lank om juis die begin van die Hobbit en sy vrinne se avontuur vir ons so juis as moontlik weer te gee.
Daar is wonderbaarlik getrou gebly aan die verhaal en die anti-Hollywood tipe einde is selfs behou. Diegene wat onbekend is met Tolkien se werk het ietwat hieroor gemor, maar hulle sal saam met my in die ry staan volgende Desember om verder in die fantasie te deel. Hierdie is my nr 1 keuse vir 2001.
8/10
