Midnight in Paris

Midnight in Paris

Van al die films wat ek al vanjaar gesien het, is Midnight in Paris een van die min wat jou aanspoor om ‘n sleutelbord te trotseer.

Die film begin met die openbaring dat Owen Wilson die regte akteur is vir Woody Allen se films. Dis so ooglopend, ek is half skaam om te herken dat ek het dit nooit raakgesien het nie. Sy half droë persoonlikheid en vermoë om ‘n konstante komiese ondertoon te handhaaf is perfek vir Allen se werk wat geneig is om die realiteit deur ‘n komiese filter te aanskou. Mens kan dit ‘n vereiste noem vir ‘n hoofrol in ‘n Woody Allen film, waarvan die draaiboek glo meer as dikwels net uit nota’s bestaan in plaas van ‘n volledige teks. Geen wonder dan dat Allen soveel beter is in sy eie films as ander akteurs nie.

Die draaiboek was ook ‘n verrassing – neem mens terug na Allen se The Purple Rose of Cairo. Die storie staan met een voet buite enige normale genres waarin Allen gewoonlik tuis is, maar dis ‘n wenner en verdien die Oscar. Basies gaan dit oor hoe ‘n Amerikaanse skrywer (Owen Wilson) deur Parys verlei word, maar sy verloofde (Rachel McAdams) voel nie dieselfde nie … dinge is egter nie so eenvoudig nie en die tema neem ‘n aangename wending wat ek nie wil weggee nie.

Woody Allen is lief daarvoor om stede deel van sy tema te maak. Dit was meesal New York, maar meer onlangs ook Londen, Barcelona en nou Parys. Hy stal Parys uit soos geen brosjure dit kan doen nie; wat bydra tot ‘n pragtige romantiese film met ‘n verrassende element wat dit diepte gee.

Midnight in Paris
Midnight in Paris
Midnight in Paris
Komedie, Romanse, Wetenskapsfiksie

Regisseur:

Woody Allen

Skrywers:

Met:

Owen Wilson,
Rachel McAdams,
Kurt Fuller
Mimi Kennedy
Michael Sheen
8/10

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply