Piglet’s Big Movie

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Regisseur: Francis Glebas

Piglet’s Big Movie is nie sommer ´n gelapte klomp prentjies nie. Die fliek is noukeurig aan mekaar gesit met ´n paar verhale uit A.A. Milne se Winnie-The-Pooh en The House at Pooh Corner. In die bekoorlike staaltjies is Piglet die sentrale karakter.

Piglet se gevoelens word seergemaak wanneer die ander hom nie wil toelaat om saam heuning uit te haal nie, omdat hy te klein is. Piglet verdwyn en Pooh, Eeyore, Tigger, Rabbit en Roo gebruik sy plakboek om na hom te soek. Tydens die avontuur dink hulle terug aan al hul avonture saam met die klein varkie en besef dat hy hom nog altyd goed van enige taak gekwyt het.

Uit ´n tegniese oogpunt volg die film ´n outydse benadering met handgetekende karakters wat lyk of hulle ook met waterverf ingekleur is, net soos in die boek. Rekenaar-animasie is net hier en daar gebruik.

Die fliek sal nie in die filmgeskiedenis opgeteken word nie, maar dit sal beslis menig ´n kleinding se selfbeeld ´n hupstoot gee.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply