Platinum

Danie Niehaus, Mathys Roets en Kevin Leo het as Drie van die bestes ´n platekontrak met BMG Records/Vat 5 Musiek geteken. Die drie gewilde kunstenaars is baie opgewonde oor die nuwe kontrak, maar sê dat dit geensins hulle loopbane as solo-kunstenaars sal beïnvloed nie.

Die drie se splinternuwe album Platinum is vrygestel by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees.

Platinum spog met nog ´n uitsonderlike eienskap: dit is gedeeltelik opgeneem in Joost van der Westhuizen, voormalige Springbok rugbykaptein, se gimnasium.

Die verwerkings en produksie is gedoen deur Alli Heyns. Ander musikante wat aan hierdie album gewerk het is Mauritz Lotz, Denny Lallouette en Danny Antill.

Platinum sluit in: “Battle Hymn of the Republic”, “Vir Wat” (Danie Niehaus), “Lisa se Klavier” (Mathys Roets), “O Sole Mio” (Kevin Leo) en “Ave Maria”.

Lewer kommentaar

Leave a Reply