School of Rock

Met: Jack Black
Regisseur: Richard Linklater

Moet nou nie van jou alpakka afval nie, maar School of Rock is een van die beter films wat ek die afgelope jaar gesien het.

Die film handel oor ´n idealistiese musikant, Dewey Finn (Jack Black), se pogings om skool te gee met behulp van Rock trivia.

Die kinders is meer besadig as die Von Trapp-gesin, maar Finn is Maria in swart leer.

Die storie is nie oorspronklik nie, maar dit word met passie vertel. Die dialoog weerspieël die geloof van die skrywer in die onderwerp.

Oral waar jy kyk in die prent is almal besield met die gees van Rock ´n Roll.

7/10

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply