Brand jy om ’n storie te vertel? Is daardie storie dalk ’n kortfilm? Is jy die toekomstige ikoon vir Suid-Afrikaanse fliekvlooie?
Dis nou jou kans om jou droom ’n werklikheid te maak met die Silwerskermfees, in samewerking met kykNET.
Dié fees beoog om die Suid-Afrikaanse filmbedryf, wat dokumentêre prente en kortfilms insluit, die platform te gee wat dit toekom. Kom spandeer vier dae in Kaapstad saam met joernaliste, resensente en bedryfsrolspelers.
Kortfilm-inskrywings sluit op 30 Maart 2016.