#dowwedolla

In hierdie nuwe “eenvrou” vertoning, beweeg Dolla bietjie weg van politiek, “want dis regtig nou boring”, alhoewel daar elke nou en dan ‘n onbeplande dwarsklap per ongeluk “gebeur”.


Sy onthul die werklike redes hoekom vrouens nog mans “aanhou”, sy ontleed die Suid Afrikaanse “braai” in detail uit ‘n blonde sielkundige oogpunt.

In die proses word ingewikkelde onderwerpe soos trofeejag, homopatie, arachnofobia en hondsdolheid onder die vergrootglas geneem. En vir die eerste keer, maak ouma Dowe Dolla (ook vertolk deur Margit Meyer-Rődenbeck) ook haar verskyning op die verhoog om ‘n meer wyse en historiese (of is dit nou histeriese?) perspektief aan alledaagse gebeure in ons land te gee.

Verwag nog ‘n lag/minuut woorde-tsunami van Suid Afrika se gunsteling blondine.

Met: Margit Meyer-Rődenbeck
Teks en Lirieke: Jurgen Human
Musiek en Spelleiding: Emile Minnie
Tydsduur: 75 minute
Geen onder 12 jaar. (Taalgebruik)

16, 17 MAART Die Boer restaurant teater – Durbanville (Voorskoue)
021 979 1911 / 083 406 0111 / aanlyn by www.dieboer.com

#dowwedolla
#dowwedolla
KKNK: kykNET Hőerskool – Oudtshoorn
24 Maart om 16:00; 25 Maart
Computicket

8 April Atterbury Teater – Pretoria
Computicket

17 April Garenworl – Johannesburg

25, 26 Mei Die Boer restaurant teater – Durbanville (Voorskoue)
021 979 1911 / 083 406 0111 / aanlyn by www.dieboer.com

27 Mei Ou Meulteater – Paarl

Lewer kommentaar

Leave a Reply