Die WAT se negentigste bestaansjaar word gevier met ’n reis deur die Afrikaanse musiek-erfenis van die afgelope nege dekades.
Van ons gunsteling liedjies oor die jare heen word afgestof in keurige verwerkings deur van ons land se top-kunstenaars. Maak gereed vir ’n verrassing of twee.
Met: o.a. Chris Chameleon, Koos Kombuis, Louis Loock, Albert Frost, seremoniemeester Leon van Nierop en die orkes: Jannie “Hanepoot” van Tonder (tromboon), Anjule de Vos-Nock (tjello), Romy Brauteseth (baskitaar), Kevin Gibson (tromme) en Melissa van der Spuy (klavier en trekklavier)
Musikale regie: Melissa van der Spuy
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R200, R150, R120 | R220, R170, R140 by die deur
Plek: Spier-amfiteater, Stellenbosch
Datum: 9 Maart 20:30
WAT: A tot Z,
Roekeloos,
7 Maart 2016.