Taking Woodstock

Taking Woodstock 

Roekeloos

’n Jong man van ‘n klein dorpie, Elliot Tiber, het ’n idee gehad vir hoe hy sy ouers se sukkelende motel kan red. Hy het ’n klein musiekfees georganiseer op ’n buurman se plaas. ‘n Halfmiljoen mense daag toe op vir die geskiedkundige Woodstock.

Hierdie is die ware verhaal van hoe die legendariese Woodstock Musiekfees plaasgevind het.

Die regisseur en die rede hoekom ek die film gaan kyk het, is Ang Lee. Lee beweeg so gemaklik tussen genres soos Elizabeth Taylor tussen mans beweeg. Die keer saal hy sy perd op met hippies, rokers, nudiste en nors ooms.

Die fokus film op die hoofkarakter, gespeel deur Demitri Martin. Martin se vertolking is ongelukkig nie nie van die beste nie en pootjie die film, in samewerking met ’n teks wat al hoe meer humorloos voorkom hoe later dit raak.

Die ondersteunende groep akteurs is goed, Emile Hirsch, Liev Schreiber, Dan Fogler en Eugene Levy as die boer staan uit. Dit is juis die verskeidenheid van karakters onder leiding van Lee wat die film red en die kyker geïnteresseerd hou. Die manier waarop Lee die fees romantiseer raak egter bietjie van ’n gedoente. Dit oorvereenvoudig die konflik oor die fees, fokus aanvanklik sterk daarop, net om dit oomblikke later te vergeet.

Ironies moet mens ook punte aftrek vir die klankbaan. Jy soek tevergeefs vir Hendrix, Joplin en Dylan.

Taking Woodstock
Taking Woodstock

Soos mens kan verwag is daar baie sonskyn, blomme, borste en wolmerkies.Taking Woodstock is nie die beste fliek ooit nie, maar gelukkig steeds ’n genotvolle ervaring. Ten minste sal jy meer weet van die storie agter die fees.

Regisseur: Ang Lee

Met: Demetri Martin, Imelda Staunton, Emile Hirsch, Eugene Levy, Liev Schreiber, Dan Fogler

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

3 / 5

Lewer kommentaar

Leave a Reply