The Lord of the Rings: Return of the King

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: Elijah Wood, Liv Tyler & Vigo Mortensen
Regisseur: Peter Jackson

Peter Jackson se trilogie verdien ´n oomblik in die geskiedenis van film. Tog wonder ek wat Tolkien sou sê van die hele gedoente. Hy sou beslis nie tevrede wees met The Lord of the Rings: Return of the King nie.

Ek het gehou daarvan om na die prent te kyk. Dit is visueel sag op die oog en die spesiale effekte en oorlogstonele is oorweldigend en die skaal daarvan ongekend. Jy sien nie sommer bloed wat spat en dergelike dinge nie, dit sou afbreek doen aan die prent en verhaal. Dit is egter alles veel meer as die eintlike verhaal van die klein mensies se oorwinning oor die bose, sonder wapens, deur bloot die verwerping van mag en alles wat daarmee saamgaan.

Die pas waarteen die geweld plaasvind is uitputtend en laat Frodo se tog vir die kyker voel soos ´n slakresies.

Dit is egter net my mening. Ek sou nog steeds aanbeveel dat jy hierdie fliek gaan kyk, jou kleinkinders gaan eendag vra of jy het. Hou jou lyf reg vir sit. Dit is ´n volle 210 minute lank.

6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply