The Matrix Revolutions

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Met: Keanu Reeves, Laurence Fishburne, Jada Pinkett Smith & Carrie-Anne Moss
Regisseur: Die Wachowski-broers

Die pseudoreligieuse, pseudo-intellektuele aard van die oorspronklike The Matrix het oornag daaraan kultusstatus verleen. The Matrix Revolutions is nader aan ´n SSD (skop, skiet en doner) -orgie, maar behou genoeg van die religieuse, intellektuele en uitstekende grafiese elemente om ´n goeie fliek te wees.

In die vorige Matrix Reloaded was alle aanduidings dat daar een of ander vorm van devolusie in die vooruitsig is. The Matrix Revolutions bou voort op hierdie trant. Ongelukkig is die storie lig in die broek die keer.

Die Matrix-aura word versteur deur oordrewe geweld. Enige subteks is verlore.

Of is dit? Ek wil hoop die storie ontvou nog en dat iewers in die toekoms ons nog ´n Matrix gan sien, ´n beter Matrix.

Sorg dat jy hierdie fliek gaan kyk!
Ons het jou IP-nommer …

7/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply