What dreams may come

Van Robin Williams verwag mens buitengewone rolprente, en is geen uitsondering nie. Die fliek verken die fassinerende temas van die lewe na die dood en ewigdurende liefde.

Robin Williams speel die rol van Chris Nielsen, ´n man wat na sy ontydige dood, nie afskeid kan neem van sy vrou Annie, (Annabella Sciorra) met wie hy ´n buitengewoon intense liefdesband het nie.

Na sy dood ondervind Chris ´n transendentale migrasie in ´n wêreld wat net beperk word deur die grense van sy verbeelding. Maar sielevrede en berusting ontwyk hom omdat hy bly hunker na sy vrou met wie hy sy wonder-wêreld wil deel. Hy besluit om alles in sy vermoë te doen om haar by hom te laat aansluit en met die hulp van ´n wyse gids, gespeel deur die veteraan, Max von Sydow, vertrek hy op ´n epiese reis.

Die rolprent word beskryf as ´n manmoedige verkenning van die lewe na die dood. Dis gebasseer op ´n bekroonde boek en die regisseur is Vincent Ward.

What dreams may come is ´n fliek waarin mens kan wegraak.

Koop What dreams may come
5/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply