#Aardklop Antjie Krog – Voorlesings uit Mede-wete

In Mede-wete, Antjie Krog se eerste digbundel in agt jaar, word temas soos taal, geheue en gewete met ’n nuwe intensiteit en beleënheid hanteer.

Dié gedigte getuig van haar diep verknogtheid aan haar geboortegrond en haar volgehoue betrokkenheid by en passie vir die land se komplekse geskiedenis en samelewing.

Te midde van verse waaruit haar woede en afkeer ten opsigte van sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook boeiende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug waarin die
stemme en gesprekke opklink wat ons elke dag hoor.

Gaan luister in die skemeruur hoe Krog uit Mede-wete voorlees – soos net sy kan doen. En kry as bonus ’n gratis glas wyn, met die vriendelike vergunning van Leopard’s Leap.

Genre: Boeke
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Kaartjies: Gratis
Tydsduur: 45 minute
Plek: ATKV Boeke-oase, Potchefstroom
Datum: 8 Okt. – 18:00

Aardklop 2015

Antjie Krog – Voorlesings uit Mede-wete,
Roekeloos,
22 September 2015.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar