Bladspieël

In Bladspieël – die digter se agste digbundel – verken Marlise Joubert in ’n kenmerkend vloeiende styl temas soos verganklikheid en verval, onthou en verewiging, liefde en familieverhoudings, digterskap en die skryfproses.

Die gedigte verwoord, en word as’t ware ’n afbeelding van, die ervarings van die digter as belewende subjek, en betrek só die leser op intieme wyse by haar ervarings van die alledaagse.

Bladspieël word Woensdag 20 Mei 2015 vrygestel.

Bladspieël / deur Marlise Joubert — Human & Rousseau, 20 Mei 2015 — 116 p. ; sagteband. — ISBN 9780798169547

Bladspieël,
Bettie Blom,
20 April 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply