Die McGregor Gedigtefees is hierdie jaar reeds sewe jaar oud. Dit is een van die mees gewilde literêre feeste in Afrika. McGregor se natuurskoonheid en gesellige atmosfeer verleen ’n unieke gevoel vir ’n intieme fees-ervaring en vanjaar sal ongeveer 150 digters hul woordkuns in hierdie lieflike dorpie kom deel.
Die tema vanjaar is Die hart van die Maan. Feesdirekteur Jennifer Johnson verduidelik: “In die vormingsjare van die fees het ons gewerk met Son-energie: die direkte fokus om visie in werklikheid te omskep. Noudat die Gedigtefees op soveel vlakke gerealiseer het, kan ons ook tyd maak om `’n bietjie meer te droom en ook dieper te kyk. Die Maan as tema het daarom vir ons gepas gevoel.”
Die McGregor Gedigtefees gee dié wat bywoon die kans om na ’n groot verskeidenheid digters se werke te luister, en ook mekaar se geselskap ’n gesellige atmosfeer te geniet. Daar sal ook oop mikrofoon- sessies wees en almal is welkom om ook hul poësie op hierdie spontane platforms voor te lees.
Vanjaar se program bied van ons land se mees bekende digters, sowel as nuwe jong dig-stemme aan. Kyk uit vir aanbiedinge deur: Joan Hambidge, Michelé Betty, Sally Ann Murray, Brian Walter; Malcolm Gooding, Quinne Brown; Douglas Reid Skinner, Christopher Culpo; John Maytham, Luna Paige; Willem Fransman Jr; Zane Dangor, Makhanda Senzagakhona; Kobus Moolman, Phillipa Namutebi, Toast Coetzer, Erns Grundling, Dan Wylie, Pieter Odendaal, Dominique Botha, Peter Fox, Thandi Sliepen, Lerato Sibanda, Hugh Hodge, Julia Kramer, Patricia Schonstein, Dorian Haarhoff, Marguerite Van der Merwe, Diana Ferrus, Andries Walter Olifant en vele meer. Die volle program is te sien by www.poetryinmcgregor.co.za
Die stigter van die McGregor Gedigtefees, Billy Kennedy sê: “Poësie was nog altyd vir my baie waardevol. My Engelse juffrou op skool was baie passievol oor die geskrewe woord en van daardie tyd tot vandag toe as direkteur van Temenos, loop poësie soos ’n goue draad deur my lewe. Dit kan ons nader bring aan oomblikke van ongeëwenaarde skoonheid en lei tot ’n buitengewone bewustheid wat verband hou met ’n magdom van dinge.”
McGregor Gedigtefees 23 – 25 Augustus 2019
Kaartjies by Computicket.
![](https://i1.wp.com/www.roekeloos.co.za/wp-content/uploads/2019/08/mcgregor-poetry-2019-gedigtefees.jpg?fit=640%2C470&ssl=1)