Herman de Coninck het die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse leser se verbeelding aangegryp met Liefde, Miskien (vertaal deur Daniel Hugo) in 1998.
Die lenige liefde, ’n bloemlesing uit al De Coninck se werke, sal weereens die leser betower.
Meer toeganklike poësie kom ’n mens nie aldag teë nie. Die werk van De Coninck spreek van innoverende beeldspraak waarvan die gebrek aan pretensie die leser aan sy strot gryp en maak lees, luister en onthou.
Die liefde, natuur en digterskap is die oorwegende tema’s van die bundel en elk word vanuit ’n legio perspektiewe bekyk.
Daniel Hugo slaag daarin om die unieke karakter van De Coninck se werk te behou.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)