Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, C. Louis Leipoldt, Stef Bos, Ingrid Jonker, D.J. Opperman, Lina Spies, Boerneef, Eveleen Castelyn …
As hierdie name jou taal praat is dié aand net vir jou. ‘n Woord program met van die mooiste gedigte in Afrikaans. Die tema van die aand is gedigte en liedere waarin die woorde “son”, “maan”, “ster” of “planeet” voorkom. ‘n Hemelse aand waar ons blink woorde soos krale gaan inryg om in jou binnebaadjiesak te bêre.
Met: Marion Holm, André Alblas, Wihan Stemmet en AmDram.
Donderdag, 31 Oktober, 20h00, Kaartjies: R60.00
Ou Meulteater, Paarl
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za