Ou Oom Koos se selfoon gaan laatnag af.
Toe hy dit uiteindelik op die bedkassie opspoor gee hy dit net een kyk en sit dit neer.
“Wie was dit?” vra sy vrou.
“Bettie Louw” sê hy. “Ek gaan dit nie antwoord nie, ek ken nie ’n Bettie Louw nie.”
Nie lank nie, of die foon raas weer. Oom Koos kyk en vloek. “Al weer die verdomde Bettie Louw!”
Toe dit ’n derde keer gebeur sê sy vrou: “Gee hier dat ek kyk.”
“Ai man.” Sê sy. “Dit is nie Bettie Louw nie, dis ‘Battery Low’.”
