Dis nog niks

´n Sirkuseienaar adverteer vir ´n leeutemmer nadat die vorige een opgevreet is.
´n Jongman en ´n pragtige blond doen aansoek.
Die sirkusbaas waarsku hulle en sê dis ´n wreede leeu. “Hier is ´n sweep, ´n stoel en ´n geweer – wie gaan eerste?”

Sonder huiwering stap die blond verby die toerusting reguit die hok in. Die leeu grom ´n slag en toe storm hy. Sonder om ´n tree terug te staan maak die blond haar klere oop en wys vir die leeu haar pragtige, naakte liggaam. Die leeu se gegrom raak stil en hy begin haar voete lek. Saggies begin hy purr en hy gaan lê met sy kop op haar voete.

“Ongelooflik!” sê die sirkusbaas vir die jongman. “Ek het in my lewe nog nooit so iets gesien nie – kan jy daarop verbeter?”

“Verseker!” sê die jongman “… kry net daai leeu uit die pad uit!”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply