Gatiep, die rottevanger

Mohammad se kafee op die hoek van Main Road in Mowbray, Kaap, is sommerso skielik eendag oorval deur rotte.


Hy was radeloos, die rottegif kon nie gou genoeg van die peste ontslae raak nie en Mohammad was bang die goed gaan in die kelder beland, waar hy meeste van sy voorraad bêre. Dis met die dat Gatiep hom aanmeld as die grootste verskrikking vir rotte op aarde.

Mohammad het gou geswig vir Gatiep se prys, maar Gatiep het nog versoeke gehad voor hy aan die werk spring.
“Nommer een, ek gaan ‘n kilo kaas nodig hê.”
“Geen probleem nie!”
“Nommer twie, twee witbrode.”
“Vat soveel brood soos jy wil Gatiep.”
“Nommer drie, ‘n bottel brandy.”
“Ek stuur sommer nou vir Fatima off-sales toe.”

Met die kaas, die brandy en soveel brood soos hy kan dra is Gatiep kelder toe, waar sy werk glo sou begin.

Vier ure later hoor Mohammad die kelderdeur kraak. Die volgende oomblik storm Gatiep by die deur uit. Hy is rooi in die gesig, pens geswel, voete onvas op die aarde en hy swaai sy vuiste wild rond en skree:

“Waa’s daai blerrie rotte, nou’s ek reg vi hulle!”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar