Gholfer : “Dit kan nie my bal wees hierdie nie, dit lyk heeltemal te oud. Wat dink jy joggie?” Joggie : “Dit is al ‘n lang tyd sedert ons begin speel het meneer.”

en

Gholfer : “Gholf is ‘n snaakse spel!”
Joggie : “Dis nie veronderstel om te wees nie.”

en

Gholfer : “Dink jy dis sonde om gholf te speel op ‘n Sondag?”
Joggie : “Soos jy speel, meneer – is dit ‘n sonde op enige dag van die week!”

en

Gholfer : “Hou asseblief op om so op jou horlosie te kyk!”
Joggie : “Dis nie my horlosie nie – dis ‘n kompas!”

en

Gholfer : “Dink jy my spel verbeter?”
Joggie : “Verseker! Jy mis die bal nou baie nader as eers.”

en

Gholfer : “Ek het nog nooit voorheen so sleg gespeel nie!”
Joggie : “Ek het nie besef jy het al voorheen gespeel nie.”

en

Gholfer : “Wel, Hoe hou jy van my spel?”
Joggie : “Nie sleg nie meneer – maar persoonlik verkies ek gholf.”

en

Gholfer : “Hierdie is die swakste baan waarop ek nog gespeel het!”
Joggie : “Hierdie is nie meer die baan nie meneer – ons het hom al ‘n halfuur terug verlaat.”

en

Gholfer : “Dink jy ek sal daar kom met ‘n 5-yster?”
Joggie : “Op die ou end.”

en

Gholfer : “Ek sal hemel en aarde verskuif om die 100 te breek!”
Joggie : “Probeer die hemel – jy’t meeste van die aarde alreeds verskuif!”

en

Gholfer: “Jy is seker die swakste joggie ter wêreld!”
Joggie: “Ek twyfel – dit sal te veel van ‘n toeval wees!”

en

Gholfer: “Ek het so swak gespeel vandag – ek verdrink my sommer self in die meer!”
Joggie: “Ek dink nie jy kan jou kop so lank af hou nie!”

en

Twee gholfers staan op die bof om af te slaan. Die eerste een staan en korrel en meet en pas en vroetel en krap maar kom nie sover om sy hou te slaan nie. Op die ou end is sy maat so gefrustreerd dat hy vra: “Ag nee man, hoekom slaan jy nie die bal nie?”
Die eerste ou antwoord. “Jong, my vrou staan my en dophou vanuit die klubhuis en ek wil hê dit moet ‘n perfekte hou wees.”
“Vergeet dit,” sê die ander ou “… met die beste hou ter wêreld, sal jy haar nie hiervandaan kan raakslaan nie!”

en

‘n Pastoor, dokter en ingenieur het eendag besonder lank gewag vir ‘n groepie gholfers wat voor hulle speel. Toe hulle die die opsigter sien, vra hulle dan ook wat die probleem is. “Hierdie is ‘n groep blinde brandweermanne wat hul sig verloor het toe hulle die klubhuis wou red tydens ‘n brand ‘n paar jaar terug. Ons laat hulle gratis speel net wanneer hulle wil.”
Die pastoor was skoon aangedaan en bied aan om ‘n spesiale gebed vir hulle te doen.
Die dokter bied aan om sy spesialis kollega wat ‘n oogkundige is te vra vir hulp.
Al wat die ingenieur sê is “Hoekom kan hulle nie in die nag speel nie?”

en

Eendag sien ‘n man wat al vir tien jaar op ‘n eiland gestrand is iets aankom op die horison. Hy kon nie uitmaak wat dit is nie tot daar op die ou end ‘n ongelooflike mooi blondine uit die branders opstaan met ‘n duikpak en al die toerusting.
Sy staan nader en vra “Wanneer laas het jy ‘n sigaret gerook?” terwyl sy ‘n pakkie Camel en ‘n aansteker uit ‘n waterdigte sakkie van haar duikpak haal.
“Tien jaar laas!” sê hy terwyl hy ‘n sigaret aansteek en behaaglik stadig sy longe voltrek.
“En wanneer laas het jy ‘n goeie dop bourbon gedrink?” vra sy terwyl sy vir hom ‘n glasie skink uit die botteltjie wat sy uit ‘n ander sakkie haal.
“Hemels – dit was ook tien jaar” sê hy terwyl hy die drankie stadig drink.
Terwyl sy die rits van haar duikpak stadig oopmaak sê sy met ‘n baie verleidelike stemmetjie “En wanneer laas het jy ‘n bietjie rondgespeel?”
Terwyl hy van opgewondenheid op en af spring en sy hande vryf sê hy “Dis ongelooflik! moenie vir my sê jy het nog ‘n gholfstel ook daar iewers weggesteek nie!”

en

Twee ouens is besig om op die skoonveld na hulle balletjies aan te stap. Op daardie stadium kom ‘n begrafnisstoet op ‘n nabygeleë pad verby. Die een ou gaan staan doodstil en haal sy hoed af en buig eerbiedig sy hoof.
Toe die stoet verby is sê sy maat “Ek het nie geweet jy het so baie respek vir die dood nie?”
“Dis nie dit nie,” sê die eerste ou ” … dis seker die regte ding om te doen. Jy moet onthou ek was darem 14 jaar met haar getroud!”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar