Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Die twee oumense het besluit om vir mekaar grafstene te laat maak. Maar die een weet nie wat die ander in gedagte het nie. Op ´n dag gaan soek die tannie iets in die pakkamer, en daar kom sy af op haar grafsteen met die verdoemende woorde Yskoud soos Altyd. Sy is woedend en besluit net daar om sy grafskrif te laat verander. Twee weke later klop die ou oom skielik af, en hy word te ruste gelê onder ´n steen wat sê: Uiteindelik stofstyf!

en

Vir die pionierswerk wat prof Barnard gedoen het, is daar besluit om ‘n groot hart op sy graf te sit.
Sy familie is baie dankbaar dat hy nie ‘n ginekoloog was nie …

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar