In ‘n taxi

Ouma Jakoba is op besoek aan Kaapstad. Daar is ‘n paar dinge wat ouma, 84, nog graag wil doen voor sy te oud word. Een daarvan is om in ‘n minibus-taxi te ry.

Op die Kaapse stasie klim ouma in ‘n taxi. Sy stel haarself dadelik bekend aan die man langs haar, hy sê sy naam is Gatiep.

Die volgende oomblik moet ouma net klou, want die bestuurder trek weg met die spoed van wit lig. Hy vleg deur die verkeer, met sy passasiers wat heen-en-weer skud. Ouma Jakoba is vreesbevange.

“O jinnetjie tog!” kla ouma “Kan die man nie stadiger nie, dis my eerste keer in ‘n taxi.”
“Moenie worry nie mêrim” sê Gatiep “As ek die storie so kyk, issit sy eerste keer ook.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply