Onder konstruk, van Robert Hamblin, is ’n reaksie op die hedendaagse krisis rondom manlikheid en die meegaande analise van patriargale konstrukte.
Patriargie word merendeels versinnebeeld in die konteks van ’n man se liggaam. Is die patriargie egter nie ’n baie breër landskap waarin manlike liggame en identiteite staan en ook meer dikwels val (en faal) nie?
Plek: Alumni-saal, Puk-kampus, Potchefstroom
