“Klas!” Sê juffrou. “Luister nou mooi na die volgende sin en sê vir my wat is fout met die prentjie wat dit skets: ‘Die leeu en die koei wei in die veld’.”
Jannie se hand is soos blits in die lug. Juffrou sien geen ander hand nie, en huiwerig moet sy vir Jannie ‘n kans gee.
“Juffrou, dit moet wees ‘Die koei en die leeu wei saam in die veld’.”
“Hoekom sê jy so Jannie?”
“Is daar nie ‘n reël wat sê dames eerste nie?” Antwoord Jannie ingenome.
“Dink jy nie die leeu gaan die koei eet nie Jannie?”
“Hy kan,” Antwoord Jannie. “Maar dan kan hy netsowel voor stap, want dan is daai koei geen dame nie.”
