#Aardklop Gepiekel

Gepiekel ,
Roekeloos ,
27 Augustus.

Dié komiese drama van Schalk Schoombie, wenner van die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys in 2012 vir Liefde, Anna, speel af op ’n Vrystaatse dorpie waar behoudende waardes so swaar weeg soos die kuns van piekel.

Josias Appelgryn profeteer dat hy ná 100 dae uit die dood gaan opstaan. Dis voorbladnuus en die hele gemeenskap is in rep en roer. Ester se resep vir ingelegde suurappeltjies bewaar ’n donker geheim. Spys en drank kan jou vreemde dinge laat sien en glo en dis die twee kinders, Laura en Petrus, wat die kloutjie by die oor moet bring. Wat het regtig met Josias gebeur?

Première

Met: Alwyn van der Merwe, Marie Pentz, Neels van Jaarsveld en Altus Theart
Teks: Schalk Schoombie
Regie: Henry Mylne
Vervaardiger: Giep van Zyl

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 80 minute
Kaartjies: R 120
Plek: Girls High, Potchefstroom
Datum: 7 Oktober 09h00, 8 Oktober 20h00, 9 Oktober 09h00, 10 Oktober 17h00 & 11 Oktober 12h00

Aardklop 2014

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar