Nadat dit die hele wêreld vol getoer het, is … miskien nou terug in Kaapstad.

Vyf jaar gelede het … miskien op die verhoog geklim in Kaapstad en van 2 tot 27 September is dit terug by die Baxter in Rondebosch.

As jy nog nie weet nie, Tara Notcutt is die regisseur en Albert Pretorius en Gideon Lombard speel. Hulle het almal aan die stuk geskryf en Notcutt is verantwoordelik vir die ontwerp. Matt Lansing doen die beligting.

Die stuk is in Engels en Afrikaans. Eenvoudig twee vriende wat gesels oor rugby en al die gewone goed. Klink nie opwindend nie; tot jy in die gehoor is, dan begin dit met jou kop smokkel. Die stuk het nie verniet ’n wavrag toekennings ontvang nie.

... miskien
… miskien

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar