Koos sit gekoring by ‘n kroegtoonbank toe hy ‘n mooi blondine raaksien.
“Hallo skattie, kan ek dalk vir jou ‘n drankie of vyf koop?”
“Is jy nie getroud nie?” vra die blondine terwyl sy na sy trouring wys.
“Net op papier! Ek skei een van die dae! My vrou is aaklig, sy behandel my soos ‘n hond!”
“En weet jou vrou dit?” vra die blondine.
Koos draai om en kyk so na ‘n hoek waar ‘n vrou sit en huil. “Wel, ek dink sy weet dit nou!”
