Die Kaapse kroegman is verstom toe ’n bobbejaan die kroeg besoek en vra vir ’n brandewyn. Hy is nog meer verbaas toe die bobbejaan met ’n tweehonderd rand noot betaal.
Die kroegman besluit om ’n kans te vat en die bobbejaan net tien rand kleingeld te gee.
Die bobbejaan het niks gesê nie. Net doodluiters daar gesit en aan sy brandewyn geteug.
Uiteindelik kon die kroegman dit nie meer hou nie. “Jy weet,” sê hy, “ons kry nie veel bobbejane hier nie.”
Die bobbejaan het hom so ’n tydjie aangestaar en toe sê hy: “Ek is nie verbaas nie. Jou pryse is belaglik.”

