Vernon Barnard vertel toe hy die eerste keer die lied hoor toe weet hy so ’n lied kom nie elke dag op jou pad nie en dat hy graag sy naam en stem aan dit wil koppel. Sonder dat mens dit bedoel kan jy verby mekaar leef en die alledaagse dingetjies miskyk. Die mooi mis en vergeet om te sê “Ek is lief vir jou”, ’n eenvoudige “Dankie,”, “Jy is mooi vir my”. En dit is juis daai klein dingetjies wat groot goed word.

“Mens stry partymaal omdat jy omgee. Jy baklei want jy het rede om te bly” sê die liedjieskrywer, Roelf Fritz. En dit is presies waaroor “Bedoel” gaan. 

Bedoel – Vernon Barnard

Terloops is beide Vernon die sanger en Calvin Botha die vervaardiger van die lied deel van die blinde gemeenskap. 

Lewer kommentaar

Leave a Reply