’n Kannibaal is iemand wat dik is vir mense.
’n Bankier is ’n persoon wat jou sy sambreel leen as die son skyn en dit terug vat as dit begin reen.
’n Ekonoom is ’n kundige wat more sal weet hoekom dit wat hy gister voorspel het nie vandag waar geword het nie.
’n Statistikus is ´n persoon wat goed is met syfers, maar wat nie die persoonlikheid het om ’n rekenmeester te wees nie.
’n Aktuaris is die tipe persoon wat ’n nagemaakte bom aan boord ’n vliegtuig dra, want dit verminder die kanse dat daar nog ’n bom aan boord sal wees.
’n Programmeerder los ’n probleem op wat jy nie geweet het jy gehad het nie, op so ’n manier wat jy in elke geval nie verstaan nie.
’n Wiskundige is ’n blinde man in ’n donker kamer op soek na ’n swart kat wat nie eens daar is nie.
’n Prokureur is die tipe persoon wat na 10000-woord dokument as ’n kort skrywe verwys.
’n Sielkundige is die tipe persoon wat al die ander mense dophou as ’n mooi meisie by die deur instap.
(oorspronklik verskyn 2 April 2001)
