Die ouma loop op die strand met haar kleinseun toe ’n fratsgolf hom tref en see-in sleep.
Beangs slaan ouma haar hande saam en bid: “Asseblief Here, ek smeek U, red asseblief my kinders se enigste.”
Skielik is daar nog ’n fratsgolf en die seuntjie word op die strand uitgeslinger sonder ’n skrapie aan sy lyf.
Die ouma het na haar kleinseun gekyk en toe kyk sy op na die hemel en sê:
“En wat van die hoed wat hy opgehad het?”
Dit is oulik. Die kind se hoed was so lig dat die see dit ingesluk het. Hahahahaha