Wat het ´n salaris en menstruasie in gemeen?
Dit kom een keer per maand, hou omtrent ´n week en as dit nie kom nie is daar gewoonlik groot moeilikheid.
Dit is vyfuur en die trein van Kaapstad terug na Kraaifontein toe is gepak en heelwat van die mense moet maar staan. Een vrou lyk baie ontsteld en draai om na ´n man wat reg agter teen haar staan: “Meneer, as jy aanhou om jouself so onwelvoeglik teen my aan te druk, gaan soek ek onmiddellik ´n polisieman.”
Die man bloos en sê: “Ek is baie jammer, mevrou, maar dit is maar net my beursie met my salaristjek daarin wat u gevoel het.”
“O,”sê sy katterig, “dan moet jy seker ´n baie groot salaris verdien, want die afgelope twaalf minute het jy presies ses verhogings gekry.”
