Gedigte van Ans Ward

Stuur jou gedigte na bydraes@roekeloos.co.za Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.

Gister, Vandag en Môre

Dit voel soos ‘n leeftyd
Dog net maande het verloop.
Ons ken mekaar al so lank
Ongelooflike oomblikke nie te verkoop.

Eers as kind leer ken
En dan paaie ver uitmekaar,
Tog weer saam gekom
Vir ‘n rede – dit bestaan voorwaar.

Jy is meer as spesiaal,
Hemels is maar net ‘n woord.
Dog beskryf dit hierdie ongelooflike
mens wat vry is, en sonder koord.

Jou wysheid kom van binne,
Jou kennis ‘n baie lang pad.
Jou wese ongelooflik ryk,
Jou rigting altyd lokkend en van die hart.

Ek kan nie wag vir my terugkeer
En alles wat ons beplan vir daar –
Net ‘n paar maande wat voorlê
Dan word elke droom oor en oor waar …

26 Mei 2007

Vir jou

Warm wese in bronse kleure
jy en tyd is nou
omring met stille vreugde
waar ervaringe jou warm hou.

April 2006

Immergroen

Hoe wonderlik die lewe
in kort ‘n blommetuin –
sy kleurfolle fassette
kan liefde uit bassuin.

Sou storms soms treiter
in wortel bly ons staan
en laat ‘n eie merk
waar ons ookal mag gaan.

Sou die grond van krag verander
en ons more anders lyk –
kan ons altyd weer die hand
na ware vriende ryk.

Bladvas en immergroen
vir tydlose jare
sal my tuin vir jou bly staan
met sy gegeurde blare.

2005

Aarde

Die lig is ryk met kleur belaai
grys teer met gladde spieël getooi
ver gehoor die rammel paai
die aarde lyk weer mooi!

2005

Tuiskoms

Gejaagde wese
met ferme tred
Die uur wat slaan
jy word gered.

In storms sterk
gebind in staal
is dit moontlik
om skuiling te haal.

Neem die lafenis
gevul met geur
strek dan nou uit
om weer orent te beur.

Dan die besef
dit kan nie stop
dit moet herhaal
die mens gefop.

Laat dan nou
my liggaam rus
ek is so moeg
in arms gesus.

2005

Selfbeeld

Ken jou toe
‘n plaat van goud
O aardswese
Jy is die sout.

Met liefdevolle hart
ken jy geen perke
jy raak my aan
en laat jou merke.

Perfekte Dawidbeeld,
Koninklike mens,
jy sien my liggaam
en vervul my wens.

Ek kan dan nou
in myself weer glo,
Jy word geplaas
op ‘n rostrum bo.

2005

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar