Skade aan sy meneer

‘n Jagter se haelgeweer word deur ‘n sterk wind omgewaai, dit gaan af en skiet hom in sy skoot.


Dokter: “Ek het goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is daar ismin skade aan jou knaters, ek het al die haelkorrels verwyder.”
Jagter: “Wat is die slegte nuus?”
Dokter: ‘Daar is skade aan jou meneer. Hy het ‘n paar gate in. Ek sal jou na my suster verwys.”
Jagter: “Is jou suster ‘n plastiese chirurg?”
Dokter: “Nee, sy speel fluit in die Johannesburgse simfonie-orkes en sy gaan jou leer waar om jou vingers te plaas sodat jy nie in jou oog pis nie!”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

♦♦♦

Koop / Buy 10 Jaar van Afrikaanse Grappe (e-Boek PDF, DRM Free)

Lewer kommentaar

Leave a Reply