Giidanyba (Lugwesens / Sky Beings) bestaan uit sewe figuuragtige beeldhouwerke.
Hierdie sewe figure verbeeld naggeeste wat kennis en leiding verleen aan die Eerste Nasie- Gumbaynggirr-volk van Australië.
Die Giidanyba verander van onbeligte beelde gedurende die dag na helder en glansende wesens in die aand. Uit hierdie geesagtige vorms stroom beligting en klanke wat op die beweging van toeskouers reageer.
Die strukturele elemente van die installasie is van glasvesel en staal, terwyl tradisionele okers op die oppervlaktes van die individuele figure deur Gumbaynggirr-gemeenskapslede, onder leiding van die kunstenaar, aangewend is.
Tyrone Sheather is ’n Australiese kunstenaar van gemengde afkoms. Hy behoort aan die Gumbaynggirr-volk, gesetel aan die noordelike kuslyn van Nieu-Suid-Wallis. Deur die kombinasie van tradisionele en eietydse media, kennis en verhale wat oor eeue heen binne die Gumbaynggirr Dreamtime oorvertel word, beoog Sheather om deur sy werk kwessies van identiteit te ontbloot en te verken. Hy verduidelik:
“In the Dreaming (Yuludarla), the Hero-Ancestors made and transformed the landscape with their special powers of creation and destruction. Simulating a Gumbaynggirr rite of passage, Giidanyba symbolises these Spiritual Ancestors, as they descend from the Muurrbay Bundani (tree of life) in the sky, to support people throughout their cultural journey and to guide them into the next stage of their lives”.
Giidanyba vorm deel van die Eerste Nasie-projek van die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling (PIKO) en word aangebied in samewerking met SITUATEArt in Festivals, die Salamanca-kunssentrum en Oliewenhuis-kunsmuseum. Ondersteun deur die Australië Raad vir die Kunste, projekbestuur deur Ainslie Macaulay en geïnstalleer deur Ed Horne.
Genre: Kuns
Taal: –
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: nvt
Kaartjies: Gratis
Plek: Oliewenhuis-kunsmuseum, voorste grasperk, Bloemfontein
Datum: 17 – 30 Jul: 09:00 – 17:00 & 17:00 – 20:00
Giidanyba (Lugwesens / Sky Beings)

Giidanyba (Lugwesens / Sky Beings)
Roekeloos
3.5
