Na ’n wonderlike viering van Jeugdag in 2016, is Liefde By Die Dam terug in Augustus 2017 om Suid-Afrikaanse musiek by Johannesburg se asemrowende Emmarentia Dam te vier.
Hierdie voldag familie gebeurtenis verwelkom musiekliefhebbers van alle ouderdomme. Liefde By Die Dam, vernoem na Valiant Swart se bekende treffer met dieselfde naam, strewe daarna om as vertoonvenster vir die beste plaaslike talent te dien.
Sluit aan by revolusionêre groep Die Heuwels Fantasties, bekend vir hul unieke musiek en energieke optredes. Saam met Die Heuwels op die verhoog is die ikoniese hoofsanger van die legendariese Suid-Afrikaanse rock groepe, Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel, Francois van Coke.
Terwyl jy luilekker onder die digte bome by Emmarenta lê, sal die geliefde stem van Laurika Rauch jou bekoor met haar sang, gevolg deur Afrikaans liefling, Riana Nel.
Die SAMA benoemde gehoorgunsteing, Majozi, keer terug met sy aardskuddende elektro indie rock! Daarbenewens sorg die betowerende klanke van Tresor en Suid-Afrika se eie rap-superster, JR, vir ‘n onvergeetlike ensemble.
Om hierdie ongelooflike dag van vermaak af te rond, is daar ook nuweling Jo Black, wie se album wat vroeër vanjaar uitgereik is reeds goue status bereik het, asook kitaar-virtuose Loki Rothman.
Vir jou dag by die dam sal daar ’n heerlike reeks van Suid-Afrika se beste kosstalletjies teenwoordig wees. Bring jou eie piekniekmandjie en kombers vir die perfekte viering van jeugdigheid en musiek.
Datum: 6 Augustus 2016
Tyd: 10VM – 6NM
Plek: Emmarentia Dam, Johannesburg
Kaartjies R165 Aanlyn / R200 Hek / R600 PLUS / Onder 12: R75
Koop Aanlyn: Computicket: http://bit.ly/LiefdeByDieDam
Liefde se liefdadigheid
Bywoners is in 2016 aangemoedig om hulle piekniekkomberse te skenk aan welsynsorganisasies. Die inisiatief was ‘n wegholsukses met honderde komberse wat ingesamel en geskenk is. Hierdie jaar moedig Liefde By Die Dam weer bywoners aan om hul komberse saam te bring, agter te laat of by die ingang in te gee vir die goeie doel.