Hierdie versameling werke onder die titel Groping for Trout in a Peculiar River weerspieël Max Margoc se ‘gemoedstoestand’ in ‘n iewat verwarde snelweg van denke.
Die uitstalling in die Marmerfoyer van die Kunstekaap in Kaapstad inkorporeer saamgestelde skeppings en ‘n klompie skilderye.
Jy sal moet spring, want dit is net nog daar tot 9 Maart 2014.
