Countrykeys

Ná die weghol-sukses van sy laaste drie albums is Rocco de Villiers terug om die hartsnare behoorlik te roer met sy nuutste CD, Countrykeys.


Dié flambojante klawerkoning se jongste album spog met ‘n verfrissende nuwe klank wat die deurslag vir betowerende instrumentale musiek met ‘n lekker country inslag gee.

“Die musiek is eerlik en probeer nie te hard om ‘n statement te maak, slim te wees of om ‘n boodskap oor te dra nie. Dis unassuming, met die klem op die melodie en vermaak – daarom is dit ‘n statement!” het Rocco gesê.

Met sy unieke styl en klank, word country gunstelinge soos “Crazy”, “Some Broken Hearts Never Mend” en “Country Roads” na nuwe hoogtes gevoer.

Hierbenewens spog Countrykeys ook met ‘n paar oorspronklike Rocco komposisies. “Jozi, Ma Sweetie”, is ‘n ode aan sy tuisdorp, Johannesburg en met “Unieke Bekoring” en “Coming Home” vier Rocco sy liefde vir die Vrystaatse landskap.

“Wanneer ek terug dink aan iets of iets sien wat my aangryp, inspireer, of wat my sommer net lekker laat lag, wil ek dit graag in musiek vasvang”.

Rocco de Villiers
Rocco de Villiers
Rocco is Vrydag 14 Maart by die Ou Meulteater in die Paarl. Die show begin 20h00 en die kaartjies kos R120.00

Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

Lewer kommentaar

Leave a Reply