Kieslys

Close


*/

16 Desember
2018
Kuns & Ontwerp
250 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Hugo Naudé

Die Suid-Afrikaanse skilder Hugo Pieter Naudé is in distrik Worcester gebore, 23 Julie 1868 en is op die dorp oorlede 5 April 1938.

Hy studeer in die skilderkuns in Londen, München en Fontainebleau, asook in Italië. Vanaf 1896 reis hy deur Suid-Afrika terwyl hy skilder, waarna hy na Worcester terugkeer.

Ná verdere reise trou hy in 1915 en rig dan finaal sy bekende ateljee op Worcester in.

Hy het vroeg reeds erkenning gekry vir sy portrette, effens romantiese landskappe en sy fyn tekeninge, en was op sy dag een van Suid-Afrika se gewildste skilders. Hy het hom van die destydse gebruike van die kuns bevry en het van die akademiese tot ‘n individueel-, vrye skilder- en tekenstyl ontwikkel. Met sy vryer gebruik van kleur en kwistige verfaanwending het Naudé se werk later as ‘n soort impressionisme ontwikkel. Sy geliefkoosde landskappe was blombestrooide valleie tussen berge, in ‘n atmosfeer van voortdurende lente of somer.

Sy huis op Worcester het bewaar gebly as die Hugo Naudé-kunssentrum. Sy werke word in die meeste openbare kunsversamelings in Suid-Afrika gevind.

Hy was getroud metHeloise, dogter van Samuel Henri Pellissier, die vader van dieVolkspelebeweging in Suid-Afrika, en Judith Raubenheimer. Heloise was diestigter van Kleinplasie-opelugmuseum op Worcester.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Kuns & Ontwerp
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Kuns & Ontwerp
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Kuns & Ontwerp
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Kuns & Ontwerp
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Kuns & Ontwerp
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

H L Wehr
2019-01-17 22:25:02
Definisie en betekenis die verskil...
Robert
2019-01-10 18:20:15
Kan Annarine Erasmus my groot asb kontak deur my te epos na robert.conradie91@gmail.com Dis in verb...
Robert
2019-01-10 18:11:44
Hi annarine dis Robert hoe kan ek met u kontak maak. Stuur asb virmy 'n epos na robert. conradie91@...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD