Die Breytenbach-galery in Wellington vier Kersfees met ‘n wye verskeidenheid mediums en kunstenaars en gaan kunswerke verkoop teen verlaagde pryse. Dis ‘n sakpas, “koop en pak in ” viering vir die Kerskous.
Die uitstalling, Pandora’s Box, is tans in die galery in die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington en is tot einde Januarie te sien. 
Pandora’s Box is ‘n ligte, speelse groepuitstalling met verskeie kunstenaars soos Gustav Bester, Liekie Fouche, Betta Steyn, Marinda du Toit, Carla Botes, Anja van wyk, Jacques Dhont, Anton Brink, Lecia de Waal, Ella Cronje, Anthony Harris en vele meer.

Marinda du Toit beeldhouwerk (foto: Quintus van Rensburg, 2018)
Marinda du Toit beeldhouwerk (foto: Quintus van Rensburg, 2018)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar