Norman Catherine Print Editions: 1968 – 2014 Roekeloos 23 Augustus
Gallery AoP bied tans ’n retrospektiewe uitstalling aan wat fokus op Norman Catherine se drukwerk tussen 1968 en 2014.
Catherine is ’n meester drukker wat meeste basiese tegnieke onder die knie het, van linosnee, tot syskerm, etse, litografie en selfs digitale drukwerk. Hy skilder ook en doen beeldhouwerk. Ons hou van sy kuns omdat dit ook die humor in die absurditeit van die lewe raaksien.