Pablo Picasso se olieverf skildery “Les femmes d’Alger” (Die Vroue van Algiers [weergawe 0]), is gister vir ’n rekordbedrag verkoop na 11 minute se verwoede bieëry tussen vyf voornemende kopers tydens ’n veiling by Christie’s in New York. Dit is die hoogste bedrag wat nog tydens ’n veiling vir ’n skildery betaal is: $ 179 365 000 (R 2 174 397 053).
‘n Paar minute later het die brons standbeeld, “Man Pointing” deur die Switserse kunstenaar Alberto Giacometti, ook die rekord gebreek vir die duurste beeldhouwerk wat per veiling verkoop is, $ 141 285 000 (R 1 712 762 733).
Die rekord vir die duurste skildery word nog gehou deur Paul Gauguin se “When Will You Marry”, wat in Februarie vanjaar privaat verkoop is vir $ 300 000 000 (R3 642 180 000).
Picasso se “Buste de femme” is op dieselfde veiling by Christie’s verkoop vir $ 67 365 000 en Claude Monet se “The House of Parliament” vir $ 40 485 000.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
